18de Dinastie van Egipte

Die 18de Dinastie (ook Dinastie XVIII geskryf;[1] 15431292 v.C.) is waarskynlik die bekendste van al die dinastieë van Antieke Egipte. Dit het van die bekendste farao's gehad, onder andere Toetankamen, wie se graf in 1922 deur Howard Carter ontdek is en wêreldwyd ’n sensasie veroorsaak het.

Ander bekende farao's sluit in Hatsjepsoet (14791458 v.C.), die langs regerende vroulike farao van ’n plaaslike dinastie, Achenaten (13531336 v.C.), die "heidense" farao, en sy koningin, Nefertiti.

Die 18de Dinastie word dikwels saam met die 19de en die 20ste Dinastie beskou as die Nuwe Ryk.

  1. Kuhrt, Amélie (1995). The Ancient Near East: c. 3000–330 BC. Londen: Routledge. ISBN 978-0-415-01353-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy